# Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê Suid-Afrika sal waarskynlik in die winter ‘n vyfde Covid-19-vlaag bereik, maar dit kan ook vroeër gebeur, sou daar nuwe variante wees. Hy het vandag virtueel terugvoering gegee oor die land se stryd teen die pandemie. Phaahla sê hulle neem waar Covid-19-gevalle in die land het ‘n plato bereik:
Speel klankgreep: ENG PhaahlaOnCases
Intussen sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se hoof van Openbare Gesondheidswaarneming, Michelle Groome, ‘n toename in die persentasie positiewe toetsresultate kom in Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo voor. Sy dit word hoofsaaklik toegeskryf aan gevalle in die ouderdomsgroep 19-jaar en jonger:
Speel klankgreep: ENG GroomeAgeGroup