# Die Minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering is besig om vinnig beleidskwessies deur te werk en duidelikheid te gee oor Suid-Afrika se energieverskeidenheid, ingryping met transmissie en bykomende opwekkingsvermoë. Hy het gister die jongste inligting oor die inwerkingstelling van die Energie-aksieplan bekendgemaak. Die minister sê hy is bemoedig deur die suksesvolle sinchronisering van Eenheid Een by die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad. Ramokgopa sê sodra dié eenheid as stabiel geag word, sal Eenheid Twee afgeskakel word om sy stoomopwekkers te vervang:
Minister van Elektrisiteit sê regering beplan om Koeberg se lewensduur te verleng [KLANK]
ENG RamokgopaOnKoeberg