# Die Departement van Bosbou, Vissery en die Omgewing sê hulle neem kennis van die kommer oor die seismiese opnames wat Shell en Impact Africa Beperk in Desember aan die Oos-Kaapse kus gaan doen. ‘n Woordvoerder, Albi Modise, verduidelik die opnames is ingevolge die mynbouwetgewing goedgekeur en die minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwede Mantashe, is verantwoordelik vir die administrasie daarvan. Modise sê die goedkeuring vir sulke seismiese opnames is bindend totdat ‘n hof dit tersyde stel.