# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Thembi Simelane, het die publikasie van die sektorkode van goeie praktyk vir die regsberoep in die Staatskoerant verwelkom. Die kode, wat vanaf verlede maand van krag is, het ten doel om die regsberoep te transformeer deur kwessies van toegang, diskriminasie en ongelykheid aan te pak. Sleuteldoelwitte sluit in 50-persent swart eienaarskap binne vyf-jaar, met 25-persent vir swart vroue en 50-persent swart verteenwoordiging in die bestuur. Simelane vra ook benoemings vir die nuutgestigte raad wat toesig sal hou oor die nakoming van die kode.
Minister Thembi Simelane verwelkom publikasie van sektorkode van goeie praktyk vir regsberoep in Staatskoerant