# Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, het die inhegtenisneming van ‘n universiteitstudent vir die mesaanval op ‘n vrouestudent by ‘n privaatkoshuis in Belhar, Kaapstad, verwelkom. Die 26-jarige vrou is ‘n student by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie, terwyl haar vermeende aanvaller, haar vriend, ‘n student van die Universiteit van die Wes-Kaap is. Die departement se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê die minister doen ‘n beroep op alle instellings om voort te gaan met die instel van programme wat die uitdagings van seksuele en geslagsgeweld takel:
Minister Nzimande verwelkom vinnige arrestasie van verdagte wat CPUT-student met mes aanval [KLANK]