Skip to content

Minister Nzimande neem deel aan EU se Waterstofweek se deurslaggewende energiebesprekings

# Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, neem dié week deel aan die Europese Unie se Waterstofweek in Brussel in België. Dit volg op die EU se aankondiging van ‘n nuwe ambisieuse, langtermyn Regverdige Energie-oordragvennootskap om Suid-Afrika se koolstofverwyderingspogings te steun. Nzimande se toespraak op die konferensie sal fokus op die tema Koolstof en die globale uitdagings wat wag. Suid-Afrika se deelname is ‘n belangrike deel van die besprekingsreeks met die titel Diplomacy for Economic Development through Hydrogen.