# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Suid-Afrikaners gevra om versigtigheid aan die dag te lê omdat die reënweer gevaarlike toestande meebring. Sy sê rampbestuurspanne is regdeur die land ontplooi om gemeenskappe by te staan wat deur swaar neerslae geraak word. Sy het bygevoeg owerhede hou die situasie ook dop om bystand aan gemeenskappe te lewer.