# Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, sê Suid-Afrika ervaar sporadiese voorvalle van geweld en afpersing op ekonomiese persele. Dit is te wyte aan die eis vir ‘n 30-persent aandeel in gemeenskapsprojekte. Modise sê verskeie bedreigings is geïdentifiseer wat ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie het. Sy sê na aanleiding daarvan het hulle met spesifieke ingrypings begin om veilige omgewings te verseker, wat bevorderlik is vir maatskaplike en ekonomiese bestendigheid en groei: