Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, sê daar is ses-duisend-100 vervalle en eienaarlose myne regoor Suid-Afrika. Van hierdie myne is oud en die eienaars kan nie opgespoor word nie. Daar is een-duisend-170 oop myne nasionaal en in Gauteng is daar 518. Modise het gepraat tydens die Justisie-, Misdaadvoorkoming en Sekerheidsgroepering se nuuskonferensie oor onwettige myningrypings in Pretoria. Sy sê die Departement van Minerale Bronne en Energie sal drie myne rehabiliteer en het 40 myn-openings per jaar gesluit:
Speel klankgreep: ENG ThandiOnOwnerlessMines