Skip to content

Minister Mmamoloko Kubayi beklemtoon ANC se verbintenis tot behuisings-gelykheid [KLANK]

# Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, het die ANC se verbintenis tot behuisings-gelykheid, voorspoed en geslagsbemagtiging herbevestig. Die minister sê in haar opmerkings tydens die staatsrede-debat, die regering se beleid het die aantal formele huishoudings aansienlik laat toeneem, met meer as een-miljoen minder huishoudings wat in tradisionele wonings woon. Volgens Kubayi toon die behuisings-projekte, insluitend maatskaplike behuisingsprojekte en 40-persent wat opsy gesit is vir ondrnemings in vroulike besit, die toewyding om behuisingsbehoeftes aan te pak en gemeenskappe te bemagtig:

ENG KubayiOnHousing