# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê hy het goeie redes gehad om die raad van die Markteater-stigting in Johannesburg te ontbind. Hy sê voor die besluit geneem is, het elke raadslid geskrewe insette gelewer oor kwessies wat met die raad se funksionering verband hou. Hy sê hoogs teenstrydige berigte is ontvang wat gedui het op ʼn raad wat in stryd met homself is, en baie van die klagtes wat ontvang is, is bevestig. McKenzie sê hy wil die raad sonder versuim hersaamstel.
Minister Mckenzie verduidelik ontbinding van Markteater-stigting se raad