# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, oorhandig vanaand op ‘n galadinee in Kaapstad musiektoerusting aan die Mitchells Plain Musiek-akademie. Dit is in samewerking met Betway Suid-Afrika. Die akademie, wat in 2014 gestig is, bied bekostigbare, gehalte en professionele lesse aan. Tydens die gala-dinee sal die minister en Betway SA onder meer ook finansiële steun aan die akademie beloof om hulle in staat te stel om ‘n groter gemeenskapsbasis te dien met hulle musieklesse.
Minister McKenzie en Betway SA oorhanding musiektoerusting aan Mitchells Plain Musiek-akademie