# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, eis dringende antwoorde van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust oor die toekenning van ‘n tender van miljoene rand aan drie maatskappye vir suurstofaanlegte. Twee van hulle is nie geregistreer by die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-reguleringsowerheid nie. Macpherson het na ‘n artikel van Daily Maverick beklemtoon dis noodsaaklik dat aan grondwetlike verkrygingstandaarde voldoen word. Hy vra ‘n gedetailleerde verslag teen Vrydag en wys op die erns van die tenderproses vir staatsinstellings en die belangrikheid van deursigtigheid en toerekenbaarheid.
Minister Macpherson eis duidelikheid oor omstrede suurstofaanleg-tender