# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika vra die versekering dat die globale bestuurstelsel inklusief is en die globale Suide se belange in ag neem. Die minister het gister in Pretoria met die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres vergader. Lamola sê Suid-Afrika hoop die wêreld gaan deur die G20-presidentskap nader kan beweeg aan waar volhoubaarheid, gelykheid en solidariteit die dringendste uitdagings wat mense wêreldwyd in die gesig staar, kan aanspreek:
Minister Lamola vra vir ‘n inklusiewe wêreldbestuurstelsel [KLANK]
ENG LamolaOnPriorities