# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur. Zizi Kodwa, het Suid-Afrikaners Trevor Noah, Tyla en Musa Keys gelukgewens met hul Grammy-benoemings. Die komediant en voormalige Daily Show-gasheer Noah is in die afdeling se beste komedie-album genomineer vir sy Netflix-program, I Wish You Would. Die een-en-twintigjarige Tyla is genomineer vir Beste Afrika Musiekuitvoering vir haar trefferliedjie Water, terwyl Keys ook in dieselfde kategorie genomineer is vir sy bydrae tot Davido se snit Unavailable. Kodwa sê die drie is groot ambassadeurs vir Suid-Afrika se kreatiewe kunstalent.
Minister Kodwa wens 3 Suid-Afrikaners geluk met hul Grammy-benoemings