Minister in die Presidensie Khumbudzo Ntshaveni sê diegene wat verantwoordelik is vir die manipulasie van die rand sal aan die pen moet ry. Die Britse Standard Chartered Bank het verlede week ‘n skikking met die Mededingingskommissie bereik vir samespanning met 27 ander banke om die rand te manipuleer tussen 2007 en 2013. Die bank het ingestem om ‘n boete van sowat 43-miljoen-rand te betaal om die kwessie te beredder. Ntshaveni sê die manipulasie van die rand was deel van die privaat sektor se voortgesette pogings om die regering te destabiliseer.
Minister in die Presidensie sê diegene wat verantwoordelik is vir die manipulasie van die rand sal die gevolge moet dra