# Nasionale en provinsiale regeringsdepartemente skuld munisipaliteite meer as 18,6-miljard-rand aan tariewe, belasting en dienste. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana het dit in ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag van die EFF onthul. Openbare Werke, Onderwys, Gesondheid en Landbou is die departemente wat die meeste skuld. Godongwana sê in Gauteng is die skuld die hoogste met meer as 3,5-miljard-rand, terwyl Wes-Kaapse munisipaliteite met 345-miljoen-rand, die minste geskuld word.
Minister Godongwana onthul staatsdepartemente skuld munisipaliteite meer as R18-miljard