Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Minister Godongwana aangemoedig om elektriese voertuigbedryf aan te spoor

# Die maatskappy Zero Carbon Charge wat fokus op hernubare energie vir elektriese voertuie, sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, moet ‘n beleidsraamwerk en aansporings oorweeg vir die ontwikkeling van ‘n nasionale, onafhanklike netwerk van laaistasies vir elektriese voertuie wat deur hernubare energie aangedryf word. Die medestigter en direkteur, Andries Malherbe, sê kortings vir bestuurders wat hul voertuie laai met elektrisiteit wat van hernubare-energie-laaifasiliteite verkry word is een van die aansporings wat die minister kan oorweeg. Die maatskappy bou tans 120 laaifasiliteite wat deur sonkrag fotovoltaïes aangedryf word.