Skip to content

Minister George sê Suid-Afrika sal globale klimaatskrisis aanspreek

# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Suid-Afrika fokus daarop om ambisieuse aksies in te stel om die vrystelling van kweekhuisgasse te verminder. Dit sluit pogings deur die Billike Energieoordrag-beleggingsplan in. Die minister het die agste sitting van die Ministeriële Vergadering oor Klimaatsverandering in Wuhan, China, toegespreek. George sê die land bly verbind om sy regverdige bydrae te lewer om die klimaatskrisis te hanteer, asook die ekonomiese oorgang na ʼn laekoolstof-toekoms.