Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Minister Cele beloof geregtigheid sal geskied in Universiteit van Fort Hare-sake

# Die minister van Polisie, Bheki Cele sê dit is ontstellend dat sommige van die individue wat by die Universiteit van Fort Hare in hegtenis geneem is, toevertrou is met die lewensvatbaarheid van die instelling. Vier-en-twintig verdagtes is aangekeer vir hulle onderskeie rolle in beweerde bedrog, korrupsie en ontvoeringsake, insluitend moord en poging tot moord, wat verband hou met twee sluipmoorde en pogings tot sluipmoorde sedert 2022 by die universiteit. Vyftien verdagtes het gister in die Dimbaza Landdroshof in die Oos-Kaap verskyn. Cele sê die lang arm van die gereg sal nie selektief wees of genade betoon nie.