Skip to content

Minister beskuldig dat hy mense se waardigheid ondermyn met publikasie van bystandsfonds-ontvangers se name

# Die nuwe minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, kom kwaai onder skoot oor sy besluit om die name van atlete en kunstenaars te publiseer, wat finansieel voordeel getrek het uit die Covid-19-bystandsfonds. Hy word daarvan beskuldig dat hy die waardigheid van ontvangers aantas wat onder die streng inperkings gesteier het. Mediapersoonlikheid, Sizwe Dhlomo, beskryf die publikasie van die lys as ‘n politieke foefie. McKenzie het vandag ‘n tweede lys ontvangers gepubliseer en sê dit was openbare geld en Suid-Afrikaners het die reg om te weet wie dit ontvang het.