# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, het gemeenskapsradiostasies beloof om ‘n nuwe regulatoriese raamwerk met die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika te bespreek. Dit volg ná klagtes van stasies wat sê Okosa se streng regulasies het veroorsaak dat talle stasies hul uitsaailisensies verloor het, of nie vir nuwe lisensies kon registreer nie. Verskeie stasies het met Malatsi vergader waar hulle vir hom gesê het die huidige raamwerk en Okosa se afdwinging daarvan kom neer op ‘n aanval op vryheid van spraak, en is dus ongrondwetlik.
Minister beloof om nuwe regulatoriese raamwerk vir gemeenskapsradiostasies met Okosa te bespreek