Skip to content

Minister beklemtoon NVG se gebrek aan fondse vir stryd teen korrupsie- en staatskapingsake

# Die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, herbevestig nogeens die gebrek aan fondse van die Nasionale Vervolgingsgesag wat benodig word vir die stryd teen korrupsie- en staatskapingsake. Ten spyte van ʼn verhoging van 5,39-persent in die mediumtermyn-begroting, beklemtoon Lamola dit is onvoldoende vir die land se omvangryke korrupsiesake. Hy het op ‘n vraag van die DA geantwoord dat die begroting in sy geheel ontoereikend is, met ʼn verhouding van 85 tot 15 ten opsigte van vergoeding tot bedryfskoste.