Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Midvaal-munisipaliteit gee hulp aan 29 studente vir navolging van hoër onderwyskwalifikasies

# Die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng het 29 ontvangers van die Burgemeester se Studente Finansiële Hulpprogram goedgekeur. Die program is in Januarie van stapel gestuur om hulp te verleen aan diegene wat hoër-onderwyskwalifikasies wil navolg. Die munisipaliteit het 750-duisend-rand vir die program bewillig om studente met klasgelde, registrasiefooie en ander noodsaaklike studiehulpbronne soos skootrekenaars en boeke te help. Die burgemeester, Peter Teixeira, sê hulle is verbind tot die skepping van geleenthede vir almal – veral jongmense.