Skip to content

Microsoft beloof R1,3-miljard aan die regering vir ondersteuning van ondernemings in swart besit

# Die tegniese reus Microsoft het ‘n fonds van 1,3-miljard-rand aangekondig om Suid-Afrikaanse ondernemings in swart besit ‘n hupstoot te gee. Die fonds, deel van ‘n swart ekonomiese bemagtigingsooreenkoms met die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging, sal fokus op vaardigheidsontwikkeling en die ondersteuning van swart ondernemings. Die belegging sal jong, swart Suid-Afrikaners en klein en medium ondernemings in die tegnologiesektor ondersteun, met die fokus op kunsmatige intelligensie en kuberveiligheid. Die belegging, wat oor die volgende tien-jaar ontplooi gaan word, sal armoede, ongelykheid en werkloosheid aanpak.