#Die Mpumalanga-kantoor van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bied vandag ‘n inligtingsessie in Elukwatini aan vir bewusmaking oor die reg op gesondheidsorg, met die fokus op geestesgesondheid. ‘n Woordvoerder, Eric Mokonyama, sê die tema is Geestesgesondheidsorg is ‘n Reg. Die sessie is daarop gemik om mans rondom hul geestesgesondheid te bemagting, in die lig van die Covid-19-pandemie. Hy sê mans is minder geneig om vir emosionele probleme hulp te vra, en die Menseregtekommissie wil hierdie gaping vul.