# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is bekommerd oor bewerings dat buitelanders moontlik betrokke is by die besmetting van ‘n gewilde kossoort, twee-minuut-noedels. Drie kinders uit die Oos-Kaap en twee in Limpopo is dood nadat hulle na bewering van die noedels geëet het. Die Departement van Gesondheid het met ‘n dringende ondersoek na moontlike voedselvergiftiging begin. Die kommissie sê in hierdie stadium is daar geen bewyse van die betrokkenheid deur sakeondernemings in buitelanders se besit, of enige verbintenis met hulle nie.