# Europa se grootste springmielie-vervaardiger, Natais, het ‘n skerp styging in verkope beleef, ten spyte daarvan dat filmteaters weens die Covid-19-pandemie gesluit is. Dié Franse maatskappy het in 2020 meer as 200-miljoen pakke springmielies in Europa verkoop, en verlede jaar 207-miljoen. Natais verskaf aan meer as 80-persent van Frankryk se teaters en voer na meer as 50 lande uit, waaronder Brittanje, Roemenië, Duitsland en Spanje. Die maatskappy se uitvoerende hoof, Michael Ehmann, het aan AFP gesê tydens die inperkings het mense springmielies as ‘n soort trooskos ontdek.