Skip to content

Melinda Gates lewer 13de Desmond Tutu Internasionale Vredeslesing

# Die internasionale filantroop, Melinda Gates, sal vandag die 13de Desmond Tutu Internasionale Vredeslesing by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum lewer. Die tema van vanjaar se Vredeslesing is, Ontsluit Vroue se Krag vir Vrede en Voorspoed. Gates sal die tweede internasionale figuur wees wat die lesing lewer in die afwesigheid van die ontslape Aartsbiskop, wat in Desember 2021 oorlede is. Die Desmond en Leah Tutu-stigting sê Gates sal fokus op die transformerende potensiaal van vroue in die samelewing, en hulle invloed op hul gesinne, op gemeenskappe en kulture, en op die pad na vrede en voorspoed.