# Mej Suid-Afrika, Mia le Roux, moes haar noodgedwonge aan die Mej Heelal-kompetisie onttrek weens gesondheidsprobleme. Sy sê dit was uiters moeilik om hierdie besluit te neem want sy weet daar is drome en hoop op haar gevestig. Die Mej Suid-Afrika Organisasie sê Le Roux het deur hierdie moeilike tydperk ongelooflike moed en grasie aan die dag gelê en haar gesondheid en welstand kry voorkeur. Die Mej Heelal-kompetisie word die naweek in Mexikostad gehou.
Mej Suid-Afrika Mia le Roux onttrek aan die Mej Heelal-kompetisie