# Mej Heelal Suid-Afrika, Bryoni Govender, is aangewys as een van die top tien silwerfinaliste in Mej Heelal 2023 se Stem vir Verandering. Haar voorspraakveldtog is daarop gemik die stryd namens vroue oral op te neem en hulle oor hul wetlike regte op te voed. Die drie Stem vir Verandering-goue wenners sal die naweek tydens die Mej Heelal-eindronde in El Salvador aangekondig word. Hulle sal elk ‘n kontantprys van 218- duisend-rand ontvang. Mense kan op die Miss Universe-webwerf vir Govender stem.
Mej Heelal SA haal top 10 silwerfinaliste vir Stem vir Verandering