# ‘n Nuwe peiling deur CBS toon 59-persent van Amerikaners keur die verkose president Donald Trump se hantering van sy presidensiële oorgang goed. Trump het ‘n paar omstrede figure ingesluit in sy kabinet, onder wie die inenting-skeptikus en samesweringsteoretikus Robert F Kennedy Junior as minister van Gesondheid, en die Fox News-gasheer en weermagveteraan Pete Hegseth as minister van Verdediging. Die peiling toon 54-persent van die Republikeine, maar net vier-persent van die Demokrate, is opgewonde oor wat Trump in sy tweede termyn as president sal doen.
Meeste Amerikaners is tevrede met Trump se hantering van sy presidensiële oorgang