# Jongmense tussen 16 en 29 jaar oud het in groot getalle opgedaag vir die OVK se spesiale registrasienaweek. Altesaam 78,3-persent van die nuut-geregistreerde kiesers val in dié kategorie. Meer as 445-duisend mense in die groep het die naweek geregistreer. Die aantal geregistreerde kiesers staan nou op 26,8-miljoen teenoor 26,3-miljoen voor die registrasienaweek. Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap het die meeste nuwe registrasies aangemeld.
Meerderheid nuut-geregistreerde kiesers is jongmense