# Die Departement van Gesondheid in Gauteng sê meer as vier-duisend Covid-19-inentings is gister in die provinsie toegedien. Alle persone van 12-jaar en ouer word aangemoedig om hul naaste inentingsperseel te besoek om die inenting te ontvang. Indien 70-persent of meer van die volwasse bevolking ingeënt is, kan die uitwerking van die vierde vlaag aansienlik beperk word. Die departement het Gautengers ook herinner mense wat ‘n twee-dosis-entstof ontvang het, moet binne 42-dae terugkeer vir die tweede dosis. Alle privaat en publieke persele in Gauteng bied instap-dienste.