# Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê negeduisend-556 mense is tussen Julie en September vanjaar in Suid-Afrika verkrag. Dit is ‘n toename van 634 gevalle of 7,1-persent teenoor die vorige verslagperiode. Uit ‘n steekproef van sesduisend-144 verkragtingsgevalle het drieduisend-951 by die slagoffer of verkragter se huis plaasgevind. Cele sê drank en dwelms het ‘n groot rol gespeel in eenduisend-383 van die gevalle:
Speel klankgreep: ENGBhekiCeletwo