# Die afgelope 24-uur-tydperk is drie-duisend-169 nuwe Covid-19-gevalle in die land aangemeld. Hiervan was 32-persent in Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap met 19-persent en KwaZulu-Natal met 14-persent. Nog 86 mense is in dié tyd in die hospitaal opgeneem en 12 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld. Dit bring die opgeloopte sterftesyfer op 96-duisend-705 te staan. Die land se herstelkoers is 96,1-persent.