# Die mediese nooddienste in die Wes-Kaap sê byna 50-duisend noodgevalle is in Desembermaand aangemeld. Volgens ‘n woordvoerder, Byron La Hoe, was daar uit die 50-duisend, 11-duisend-403 traumagevalle, 1-duisend-973 padverkeers-voorvalle en 204 brande. Gedurende die Nuwejaarsnaweek het paramedici aan nagenoeg 5-duisend-300 gevalle aandag gegee. Onder die noodgevalle was 310 ginekologiese noodgevalle, 122 padverkeers-voorvalle, 453 respiratoriese gevalle, 883 gevalle van nie-kardiale pyn en 771 aanvalle met ‘n wapen.