Skip to content

Meer as 4000 mense toegang geweier by Suid-Afrikaanse grensposte [KLANK]

# Die Grensbestuursowerheid het meer as vier-duisend mense verhinder om Suid-Afrika binne te kom met hulle terugkeer van feestydvieringe. Die onder-assistentkommissaris, Stephen van Neel, sê die mense is toegang geweier omdat hulle nie oor die behoorlike dokumentasie beskik het nie. Van Neel sê sekerheidsagentskappe is ontplooi om kwesbaarhede langs die grenslyn teen te werk om onwettige immigrasie hok te slaan. Hy sê toetse word ook uitgevoer aangesien baie mense terugkeer van lande waar cholera aanwesig is, insluitende Zimbabwe:

ENG-VanNeelOnImmigrants