# Suid-Afrika het reeds 30-milljoen-31-duisend-894 (30 031 894) Covid-19-inentings toegedien. Die land het ook die afgelope 24-uur vier-duisend-502 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken. Die meeste hiervan, naamlik 33-persent, is in Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap met 15-persent en Mpumalanga met 12-persent. Nog 116 mense is weens die siekte in die hospitaal opgeneem. ‘n Verdere 15 Covid-19-verwante sterftes het voorgekom wat die totaal sedert die begin van die pandemie op 95-duisend-463 te staan bring.