# Die Stad Kaapstad se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en Vroeë Kinderjareontwikkeling in samewerking met die Whitaker Vrede- en Ontwikkelingsinisiatief het ‘n gradeplegtigheid in Rylands aangebied. Dit is om erkenning te gee aan meer as 200 jong mense wat ‘n opleidingskursus in ontwikkeling suksesvol voltooi het. Die kursus van ses dae het beroepsvoorligting, entrepreneurskap, sake-opleiding, konflikhantering en lewensvaardighede ingesluit wat daarop gemik is om vrede tussen faksies in woonbuurte te bewerkstellig. Die veldtog is in 2012 deur die Amerikaanse akteur Forest Whitaker van stapel gestuur.