Skip to content

Meer as 200 SA-brandbestryders gaan help teen wegholbrande in Kanada

# Werk met Vuur ontplooi môre meer as 200 brandbestryders na Kanada om te help om Vlak 5-wegholbrande in Alberta onder beheer te kry. Dit is Suid-Afrika se sesde ontplooiing om die land by te staan. Klimaatsverandering het hittegolwe vermoedelik erger gemaak, met byna drie-duisend-600 brande wat reeds vanjaar oor 2,2-miljoen hektaar gewoed het. Die wegholbrande, wat tans 12-kilometer van die dorpsgebied van die Jasper Nasionale Park woed, het 25-duisend mense gedwing om te ontruim en kampeerbedrywighede is gekanselleer tot 6 Augustus.