Skip to content

Meer as 200 huishoudings in Jozini trek voordeel uit elektrifiseringsprojek

# Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Bongiwe Sithole-Moloi, het in  reaksie op die elektrifiseringsagterstand in die Jozini plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal,  ‘n kontrakteur aangestel om met ‘n elektrifiseringsprojek te begin. Die projek sal elektrisiteit aanlê na 234 huishoudings in wyk vier en die bestaande infrastruktuur herstel in die dorpie Ekuveleni. Sithole-Moloi sê die projek wil elektrifisering versnel en seker maak meer inwoners het toegang tot basiese dienste soos elektrisiteit. Die kontrakteur sal dié maand met die werk begin en die aanskakeling word vir November beplan.