# Die polisie in Ottawa het 23 mense in hegtenis geneem in verband met onwettige betogings in die Kanadese hoofstad. Vragmotorbestuurders lei die betogings teen Covid-19-inentingsmandate wat reeds twee weke duur met geen einde in sig nie. Slegs sowat 15-persent van die land se vragmotorbestuurders is nie ingeënt nie en openbare gesondheidsmaatreëls word oor die algemeen ondersteun. Die minister van Openbare Veiligheid, Marco Mendicino, sê alhoewel almal glo in vryheid van spraak, het hierdie betoging die norm van aanvaarbare gedrag teenoor mede-Kanadese oorskry:
Speel klankgreep: ENG MendicinoOnProtest