Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Meer as miljoen aanhangers by gratis Madonna-konsert op Brasilië se Copacabana-strand

# Sowat 1,6-miljoen aanhangers het ‘n gratis konsert van Madonna bygewoon op Brasilië se beroemde Copacabana-strand. Die vertoning was die laaste konsert op die 65-jarige se Celebration-toer van 80 vertonings regdeur Europa en Noord-Amerika. Madonna het langer as twee uur liedjies soos Like a Prayer, Vogue en Express Yourself gesing. Die Brasiliaanse popkunstenaars Anitta en Pabllo Vittar, asook jonger musikante van samba-skole in Rio de Janeiro, het ook opgetree.