# Die Departement van Gesondheid in Noordwes sê meer as 1,4-miljoen mense is tot dusver ingeënt. Die provinsiale regering verskerp sy pogings om teen einde Desember bevolkingsimmuniteit te bereik. Die provinsie is vinnig op pad na die 40-persent-kerf van inentings. Meer as 60-persent van die provinsie se bevolking woon in landelike gebiede en val dus onder jurisdiksie van tradisionele leierskap. Die Huis van Tradisionele Leiers in Noordwes se woordvoerder, Kgosi Mushi Mabe, sê hulle sal met die regering saamwerk om gemeenskappe vir massa-inentings te mobiliseer.