# Meer as 11-duisend-200 vlugte wêreldwyd is die afgelope 24 uur vertraag en duisende ander gekanselleer. Die Reuters-nuusagentskap berig dat meer as 4-duisend vlugte wêreldwyd sedert Sondag gekanselleer is waarvan die helfte Amerikaanse vlugte was. Dit het verder bygedra tot vakansie-ontwrigtings weens gure weerstoestande en die toename in korona-virus-gevalle wat deur die Omikron-variant veroorsaak is. Die gekanselleerde vlugte het meer as twee-duisend-400 vertrekkende- en inkomende Amerikaanse vlugte ingesluit.