# Die eenheid vir Gesinsgeweld en Kinderbeskerming in Limpopo het die afgelope twee weke 115 verdagtes in verband met voorvalle van geslagsgeweld in hegtenis geneem. Die polisiekommissaris van Limpopo, Thembi Hadebe, sê geslagsgeweld neem toe in die provinsie en sluit baie gevalle van moord in. Sewe familielede is op Kersdag doodgeskiet en twee mense is in ’n beweerde liefdesdriehoek geskiet. Hadebe sê meer moet gedoen word om geslagsgeweld in die provinsie te voorkom.