Skip to content

Medici ontruim 31 vroeggebore babas uit hospitaal in Gaza

# Palestynse medici het daarin geslaag om 31 vroeggebore babas uit die Al-Shifa-hospitaal in Gaza te ontruim tydens ‘n gevaarlike optrede. Die hoofdirekteur van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Ghebreyesus, sê die oordrag is gedoen met ses ambulanse van ‘n Palestynse mediese organisasie wat in moeilike sekerheidstoestande uitgevoer is. Die babas is na ‘n intensiewe sorgeenheid vir pasgebore babas in die Rafay-hospitaal geneem. Gaza se direkteur-generaal van Hospitale, Mohammed Zaqut, het aan AFP gesê die babas sal later na Egipte geneem word vir dringende mediese ingryping.