Skip to content

Mededingingskommissie se rand-manipulasiesaak kry groot terugslag

# Die Mededingingskommissie se rand-manipulasiesaak het ʼn groot terugslag beleef toe die Mededingingsappèlhof 23 van die 28 handelsbanke wat by die ondersoek betrek is, vrygespreek het. Die kommissie het beweer die banke en finansiële instellings was betrokke by ʼn sameswering om die rand/dollar-wisselkoers tussen 2007 en 2013 te manipuleer. Die hof het bevind die kommissie het staatgemaak op vae bewyse en onvoldoende feite om sy saak te staaf. Slegs vyf banke, Investec, JPMorgan Chase, HSBC, BNP Paribas en Credit Suisse sal nou moontlik vervolg word.