# Die voormalige kongreslid van Florida, Matt Gaetz, het hom onttrek as kandidaat om deur Donald Trump oorweeg te word vir die pos as prokureur-generaal. Gaetz is onder die vergrootglas oor bewerings van seksuele wangedrag, wat hy ontken. Die 42-jarige sê die omstredenheid oor sy moontlike benoeming was besig om n onregverdige afleiding te word van die werk van die inkomende Trump-administrasie. Trump het nou Pam Bondi benoem om sy prokueur-generaal te word. Sy is ‘n voormalige prokureur-generaal vir Florida en het in Trump se voormalige administrasie gewerk.
Matt Gaetz onttrek as Trump se benoeming vir prokureur-generaal